Natufiese kultuur

’n Kaart van die Levant met Natufiese gebiede in die moderne Israel en Palestina, met ’n lang arm wat tot in Libanon en Sirië strek.

Die Natufiese kultuur is ’n argeologiese terrein uit die laat Epipaleolitikum wat omstreeks 12 000 tot 9 500 v.C.[1][2] of 13 050 tot 7 550 v.C.[3] in die Levant bestaan het. Die kultuur was ongewoon in die sin dat die mense ’n sedentêre (nienomadiese) of halfsedentêre leefstyl gehandhaaf het selfs voor die ontwikkeling van landbou.

Die Natufiese gemeenskappe kan die voorouers wees van die bouers van die eerste Neolitiese nedersettings in die streek, wat die oudstes ter wêreld kan wees. Die Natufiërs het ’n nedersetting gestig in wat vandag Jerigo is, en dit kan die langs aaneenlopend bewoonde stadsgebied op aarde wees. Daar is bewyse van die kweek van graan, veral gars, by Tell Abu Hureyra, die terrein met die eerste bewyse van landbou in die wêreld.[4] Die oudste tekens van die maak van brood is gevind by Shubayqa 1, ’n 14 500 jaar oue terrein in Jordanië se noordoostelike woestyn.[5] Die oudste bewyse van die maak van bier, omstreeks 13 000 v.C., is ook by die Raqefetgrot naby Haifa in Israel gevind.[6][7]

Oor die algemeen het die Natufiërs egter met wilde graan geëksperimenteer. Diere wat gejag is, sluit in gaselle.[8] Volgens die Amerikaanse antropoloog Christy G. Turner II is daar argeologiese en fisiese antropologiese bewyse vir ’n verhouding tussen die moderne Semitiessprekende bevolkings van die Levant en die Natufiërs.[9]

Argeogenetici het onthul latere Levantyne (Neolities tot Bronstydperk) stam hoofsaaklik van die Natufiërs af, benewens ook van die Chalkolitiese Anatoliërs (Kopersteentydperk).[10]

Die Engelse argeoloog Dorothy Garrod het die term "Natufies" begin gebruik gebaseer op haar uitgrawings by die Shuqbagrot (Wadi an-Natuf) in die weste van die Judeagebergte.

  1. Edwards, Phillip C. (23 November 2012). Wadi Hammeh 27, an Early Natufian Settlement at Pella in Jordan (in Engels). BRILL. p. 21. ISBN 978-9004236097.
  2. García-Puchol, Oreto; Salazar-García, Domingo C. (1 Julie 2017). Times of Neolithic Transition along the Western Mediterranean (in Engels). Springer. p. 16. ISBN 9783319529394.
  3. Grosman, Leore; Munro, Natalie; Belfer-Cohen, Anna (1 Desember 2008). "A 12,000-year-old Shaman Burial from the Southern Levant (Israel)". Proceedings of the National Academy of Sciences of the United States of America. 105 (46): 17665–9. Bibcode:2008PNAS..10517665G. doi:10.1073/pnas.0806030105. PMC 2584673. PMID 18981412.
  4. Moore, Andrew M. T.; Hillman, Gordon C.; Legge, Anthony J. (2000), Village on the Euphrates: From Foraging to Farming at Abu Hureyra, Oxford: Oxford University Press, ISBN 978-0-19-510806-4 
  5. "Prehistoric bake-off: Scientists discover oldest evidence of bread". BBC (in Engels). 17 Julie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 17 Julie 2018.
  6. "'World's oldest brewery' found in cave in Israel, say researchers" (in Engels). British Broadcasting Corporation. 15 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019. Besoek op 15 September 2018.
  7. "'13,000-year-old brewery discovered in Israel, the oldest in the world". The Times of Israel (in Engels). 12 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2020. Besoek op 16 September 2018.
  8. Kottak, Conrad P. (2005), Window on Humanity: A Concise Introduction to Anthropology, Boston: McGraw-Hill, pp. 155–156, ISBN 978-0-07-289028-0 
  9. John D. Bengtson (3 Desember 2008). In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology. In honor of Harold Crane Fleming. p. 22. ISBN 9789027289858.
  10. Lazaridis, Iosif; Nadel, Dani; Rollefson, Gary; Merrett, Deborah C.; Rohland, Nadin; Mallick, Swapan; Fernandes, Daniel; Novak, Mario; Gamarra, Beatriz; Sirak, Kendra; Connell, Sarah; Stewardson, Kristin; Harney, Eadaoin; Fu, Qiaomei; Gonzalez-Fortes, Gloria; Jones, Eppie R.; Roodenberg, Songül Alpaslan; Lengyel, György; Bocquentin, Fanny; Gasparian, Boris; Monge, Janet M.; Gregg, Michael; Eshed, Vered; Mizrahi, Ahuva-Sivan; Meiklejohn, Christopher; Gerritsen, Fokke; Bejenaru, Luminita; Blüher, Matthias; Campbell, Archie; Cavalleri, Gianpiero; Comas, David; Froguel, Philippe; Gilbert, Edmund; Kerr, Shona M.; Kovacs, Peter; Krause, Johannes; McGettigan, Darren; Merrigan, Michael; Merriwether, D. Andrew; O'Reilly, Seamus; Richards, Martin B.; Semino, Ornella; Shamoon-Pour, Michel; Stefanescu, Gheorghe; Stumvoll, Michael; Tönjes, Anke; Torroni, Antonio; Wilson, James F.; Yengo, Loic; Hovhannisyan, Nelli A.; Patterson, Nick; Pinhasi, Ron; Reich, David (2016). "Genomic insights into the origin of farming in the ancient Near East" (PDF). Nature. 536 (7617): 419–424. Bibcode:2016Natur.536..419L. doi:10.1038/nature19310. PMC 5003663. PMID 27459054.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search